Partye kap regering ná soveelste plaasmoord

2011-02-21 09:20
Tweets Share Share line Print

“Die regering is self moordenaars,” sê Martha Dean, die ACDP se sekretaris-generaal in die Vrystaat.

Politieke partye het Sondag sterk gereageer op die nuutste plaasaanval in die Vrystaat waarin Helgard Muller, van die plaas Mara in die Frankfort-distrik, vermoor is.

Dean sê mense se gesukkel om vuurwapenlisensies te bekom, is niks anders as ontwapening deur die regering nie.

Volgens haar kan mense hulself gevolglik nie verdedig nie en die regering moet hiervoor verantwoordelik gehou word.

“Dit is ’n skreiende skande dat die regering nie sy mense kan beskerm nie. Ons swart broers en susters huil saam.”

Jan van Niekerk, VF+-wetgewerlid, sê sy party veroordeel dié barbaarse moord en eis dat die regering nou daadwerklik ingryp, plaasmoorde veroordeel en dit moet voorkeur geniet.

“Dit is kommerwekkend dat die ANC en regering baie gou is om voorvalle soos die Reitz-video by die Universiteit van die Vrystaat (UV) te veroordeel, maar oor plaasmoorde swyg hulle,” sê Van Niekerk.

Sibongile Besani, provinsiale sekretaris van die ANC in die Vrystaat, het Sondag by navraag gesê hulle veroordeel geweld en misdaad.

Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, sê mooi woorde alleen gaan nie die probleem oplos nie. Die regering in samewerking met die boeregemeenskap moet daadwerklike stappe doen om misdaad op die platteland te bekamp.

“Dit wil voorkom asof misdadigers ons mense op die platteland as sagte teikens beskou.

“Die tyd wat boere hul deure kon ooplos of rustig op hul eie grond kon rondbeweeg, is verby. Ons boere en hul werkers sal te alle tye op hul hoede moet wees.”

Ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), sê periodieke veroordelings deur die ANC gaan eenvoudig nie die probleem oplos nie.

“In elk geval nie solank die ANC aandring op die ‘reg’ om liedjies soos ‘Maak dood die boere’ te sing nie.”

Dennis Bloem, Cope-LP van die Vrystaat, sê wanneer ’n boer vermoor word, word Suid-Afrikaners beroof van kos.

“Dit is onaanvaarbaar.” 

- Volksblad

Lees meer oor: acdp  |  plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.