Partye beur voort oor regter Ngcobo

2009-08-20 06:39
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die DA, Cope, IVP en OD gaan voortbeur in hul pogings om pres. Jacob Zuma se benoeming van regter Sandile Ngcobo as hoofregter ongedaan te maak.

Dié partye het Zuma se verduideliking gister dat hy Ngcobo nie aangewys het nie, maar bloot benoem het, verwerp.

Mnr. Geordin Hill-Lewis, ’n DA-woordvoerder, het aangedui die partye is oortuig daarvan Zuma het reeds oor Ngcobo besluit en daar is geen kans dat politieke partye se inspraak ernstig opgeneem gaan word nie.

Dit volg op ’n brief wat Zuma aan die partyleiers gestuur het in antwoord op kwellinge dat die proses nie grondwetlike voorskrifte gevolg het nie omdat daar glo nie behoorlike konsultasie plaasgevind het nie.

Zuma het hulle die versekering gegee dat hy nog geen finale besluit geneem het nie en “natuurlik” alle menings oor Ngcobo as sy voorkeurkeuse in ag sal neem.

Die vier partye is egter onwrikbaar. Volgens Hill-Lewis verskil hulle met die president se vertolking van hoe die proses moet werk en maak hulle veral beswaar teen die feit dat Zuma die benoeming aangekondig het nog voordat hulle geraadpleeg is.

Dit is egter onduidelik wat die partye se verwagting is, behalwe dat hulle in nóg ’n brief aan Zuma daarop gaan aandring dat die president die benoeming van Ngcobo terugtrek.

Die president het egter reeds gesê hy gaan dit nie doen nie.

Zuma het gister, ná ’n vergadering in Tuynhuys met mnr. Athol Trollip, DA-leier in die parlement, gesê sy onlangse uitlating aan die Nasionale Persklub dat hy Ngcobo bo ander kandidate “aanstel”, was in antwoord op ’n vraag en ’n “glips”. “Die geskrewe teks van die aankondiging sê duidelik ek benoem Ngcobo en dat die konsultasieproses nou ’n aanvang neem.”

Hy het in sy gesprek met Trollip te kenne gegee hy is verleë daaroor dat briewe aan opposisieleiers waarin hul insette oor Ngcobo se benoeming gevra word, uitgestuur is nadat hy die aankondiging gemaak het.

“Ek verwelkom die opposisie se benoeming (eergister) van regter Dikgang Moseneke omdat ek graag ruimte vir bespreking wil skep. Ek wil met die opposisie en die Regterlike Dienskommissie daaroor praat.”

Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner van die Universiteit van Kaapstad, het gesê opposisiepartye het geen kans om die saak deur die howe te besleg nie en meen partye het hul punt gemaak.

“Die Grondwet bepaal Zuma moet raadpleeg. Partye hoef nie met hom saam te stem nie en die realiteit is die besluit bly syne. Ek sou dink partye aanvaar Zuma se verskoning en verduideliking en beweeg aan.”

- Die Burger

 

Lees meer oor: jacob zuma  |  sandile ngcobo  |  politiek  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.