Parool vir 65 bendelede

2011-03-24 08:33
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die vrylating vanjaar van 65 toplede van verskillende Wes-Kaapse bendes op parool kan toenemende geweld in die provinsie laat opvlam.

Hy is in die lig van die sluipmoord op ’n bendeleier in Kaapstad bekommerd oor wat 65 misdadigers wat op vrye voet is kan beteken, het die provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, mnr. Albert Fritz, gesê.

Dit het gister bekend geword Cyril Beeka, die bendebaas wat Sondag in ’n sluipmoord naby die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland doodgeskiet is, het in Januarie gehoor sy naam verskyn op ’n moordlys.

Fritz het gister op ’n nuuskonferensie gesê dit is die gemeenskap se reg om te weet dat die 65 mans almal vanjaar op parool vrygelaat gaan word. Hy wou egter nie die name van die 65 bekend maak nie.

Volgens Fritz mag die name van mense wat op parool vrygelaat word net deur die minister van korrektiewe dienste bekend gemaak word.

Fritz se bekommernis spruit uit die bendegeweld wat ’n week of twee gelede in Lavender Hill, Retreat en Steenberg gewoed het.

Hy het gesê sy grootste vrees is dat daar weer erge geweld gaan uitbreek in gebiede waarheen die 65 moet terugkeer.

“Kyk wat het verlede jaar in Hanover Park gebeur toe ’n bendeleier vrygelaat is. Daar was weer geweld soos hy probeer het om sy turf (gebied) groter te maak.”

Fritz het ook bekend gemaak dat verskillende belanghebbendes gisteroggend oor die bendegeweld in verskeie woongebiede op die Kaapse Vlakte vergader het.

Volgens die minister is hy tevrede met die uitkoms van die vergadering, en was selfs Pagad op die vergadering verteenwoordig.

Hy het gesê een van die strategieë waarop besluit is, is om gemeenskapspolisiëringsforums beter vir intelligensie-doeleindes aan te wend.

Gemeenskappe gaan ook aangemoedig word om by buurtwagte aan te sluit, terwyl beter en meer sigbare polisiëring bevorder sal word.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: bendes  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.