Parlement wil joernalis uitskop
2011-10-04 10:51
Kaapstad – Die parlement wil 'n joernalis wat van die rekord af met 'n beampte gepraat het oor die regering se omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, uitskop.
Zingile Dingani, sekretaris van die parlement, het in 'n brief aan die redakteurs van Independent Group geskryf en gevra hoekom Deon de Lange nie sy akkreditasie moet verloor nie, berig The Times.
De Lange is Independent Group se parlementêre korrespondent.
De Lange het 'n senior parlementêre aangehaal wat die ANC se besluit om voort te gaan met die oorweging van die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, kritiseer.
"Dit is soos die blindes wat die blindes lei en die ANC verwar almal," het de Lange se bron gesê.
Dr. Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, het glo gedreig om De Lange se bron aan te spreek en het gevra dat 'n ondersoek gedoen word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA