Parlement moet sê oor bul-ritueel

2009-12-01 15:48
Tweets Share Share line Print

Pietermaritzburg - 'n Regter in die Pietermaritzburgse hooggeregshof het voorgestel dat 'n bandopname van 'n omstrede Zoeloe-ritueel gemaak word en aan die parlement voorgelê word.

Regter Nic Van der Reyden het gesê dit moeilik om 'n besluit te maak omdat die ritueel terugstaan na die hart van die Zoeloe-tradisie.

Van der Reyden het gesê hy ontduik nie die uitspraak nie, maar dat dit geskik sal wees vir die parlement om die situasie te hanteer as daar bevind word dat die bul op 'n wrede manier doodgemaak word.

Die diereregtegroep Animal Rights Africa (ARA) het die Zoeloe-koning en die KwaZulu-Natalse premier Zweli Mkhize hof toe gesleep om die Ukweshwama-ritueel te keer.

Ukweshwama is 'n simboliese manier om God te dank vir die eerste vrugte van die seisoen.

Dié ritueel word op 5 Desember by Zwelithini se paleis in Nongoma gehou.

In die ritueel word ’n groot swart bul uit die koning se kuddes gekies en in ’n kraal gejaag, waar hy kaalhand deur tien jong Zoeloe-krygers getakel word. Die bul word dan platgetrek en verskeur.

ARA voer aan dat die bulle tydens dié ritueel wreed doodgemaak word.

Die regter het gesê om die slagting van die bul te keer sal wees om Katolieke te verhoed om nagmaal te eet.

Hy het gesê die kwessie van die slagting van die bul moet na gekyk word in die regte konteks en hy glo dat dit nie deur mal mense gedoen word nie.

"Dit word al jare gedoen. Dit word deur Zoeloes, wat die grootste bevolkingsgroep in die land is, gedoen. Daar is ongeveer 10 miljoen Zoeloes in die land," het hy gesê.

Van der Reyden het gesê baie jong Xhosa-mans sterf jaarliks weens besnyding, maar dié ritueel is nie gekeer nie, omdat dit belangrik is vir die Xhosas.

Die regter het die aansoeker se regsverteenwoordiger, Michael Smithers, gevra of hy dink die parlement is bewus van dié ritueel.

Smithers het gesê hy is nie seker of die parlement daarvan bewus is nie.

"Sê jy pres. Jacob Zuma is nie bewus hiervan nie? Hy is 'n Zoeloe. Hy moet hiervan weet."

Van der Reyden het gesê soos hy dit verstaan glo Zoeloes as hulle die bul doodmaak hulle krag na hul koning oorgedra.

"As ek beslis dat die bul nie doodgemaak moet word nie, beteken dit dat die krag nie na die koning oorgedra word nie. Kom ons sê die koning word ná die uitslag deur weerlig getref, sal die mense sê dis oor ek hul ritueel onderbreek het."

Hy het die Zoeloes as 'n baie trotse nasie met 'n baie ryk geskiedenis beskryf.

"Hulle is 'n baie trotse nasie. Die Britte het hul gevegte teen die Zoeloes verloor."

Smithers het aangevoer dat sy kliënte telkemale probeer het om met die koning en die regering oor dié kwessie te vergader.

"Die saak is na die hof geneem ná my kliënte telkemale gefaal het om 'n geleentheid te kry om dié kwessie te bespreek."

Die partye sal na middagete sê of hulle sy voorstel aanvaar.

– Sapa

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: geloof  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.