Parlement kán baas wees van mediatribunaal

2010-08-11 07:28
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kaapstad - Die parlement, waar die ANC met 264 setels uit 400 oorheers, is neutraal genoeg om baas te wees van die mediatribunaal waarmee die ANC hoop om Suid-Afrika se “bleek, manlike” koerante vas te vat.

Só het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, Dinsdag gesê by ’n voorligtingsessie oor die media-appèltribunaal wat die ANC ná sy Durban-beleidsberaad in September op die been wil bring.

Met dié tribunaal wil die ANC volgens Mthembu ’n einde maak aan “onverantwoordelike en misleidende” beriggewing, “sensasionele” joernalistiek en berigte wat inbraak maak op die privaatheid van Suid-Afrikaners.

Hy het ook ingevaar onder koerantgroepe wat nog in wit of buitelandse hande is. “Ons behoort nie hier te sit waar alles oor ons geskryf word, maar ons besit nie die instrumente (in die media) nie. Sommige drukmedia-maatskappye word deur buitelanders besit. Selfs wanneer eienaarskap by Suid-Afrikaners berus wat bleek en wit is, is dit korrek? Dit kan nie wees nie.”

Opposisiepartye, joernaliste en mediabase het die laaste week ’n verenigde front teen die voorgestelde tribunaal gevorm, asook teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, wat tronkstraf inhou vir joernaliste wat staatsgeheime bekend maak.

Hulle vrees onder meer ’n tribunaal wat aan die ANC-beheerde parlement verslag doen, sal nie onafhanklik sal wees nie.

Mthembu het egter gesê ’n ANC-gelaaide parlement is “deel van die demokrasie”. Suid-Afrikaners het vir die party gestem en dit was die ANC “wat geveg het vir die vryhede wat julle nou geniet”.

“Met wie moet die parlement dan gelaai wees? Die DA?” het hy gevra. “Ek het baie vertroue in die parlement. Hy sal waarskynlik niks doen wat nie konstitusioneel is nie.”

Dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, in wie se departement die wetsontwerp sy oorsprong het, sal die parlementêre ad hoc-komitee gemoeid met die voorgestelde wet Vrydag toespreek.

Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het op ’n nuuskonferensie gesê die party sal alles in sy mag doen om die wetsvoorstel te pootjie.

“Ons gaan ANC-LP’s in portefeuljekomitees, in die parlementsgange, buite die parlement, informeel en formeel bearbei om op grond van hul gewete teen die wet te stem.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: media  |  persvryheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.