Parlement draai sy geldkraan styf toe vir Cope

2010-07-08 09:38
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die verskaffing van alle parlementêre geld aan Cope is gestaak.

Dié beleërde party sal die gordel tydelik moet intrek nadat die parlement duidelikheid gevra het oor uitgawes in sy geldstate vir 2009-’10.

Die sekretaris van die parlement, Zingile Dingani, het ’n brief aan Cope se hoofsweep, Mbhazima Shilowa, gestuur waarin hy versoek word om lig te werp op sekere uitgawes.

Cope het verlede jaar sowat R20 miljoen vir parlementêre uitgawes en kiesafdelingswerk ontvang.

Die party het in Mei ’n oudit van sy finansiële verslae vir verifikasie by die parlement ingedien.

Luzuko Jacobs, parlementêre woordvoerder, het Woensdag verduidelik dat indien vrae as deel van dié verifikasieproses ontstaan, die parlement duidelikheid van die betrokke party vereis. “Dit is wat in dié geval gebeur het.”

Hy wou nie besonderhede gee oor watter kwessies duidelikheid vereis nie. Cope het in die huidige boekjaar geld vir April en Mei ontvang.

“Die kwessies het opgeduik nadat ons die finansiële state ontvang het. Ons het egter in dié tyd ook ’n versoek van die partyleier, Mosiuoa Le­kota, ontvang dat ons tot verdere kennisgewing alle geld aan die party moet staak.”

Lekota, wat met Shilowa in ’n leierstryd gewikkel is, het in April beweer die party se parlementêre finansiële state is nooit verlede jaar aan ’n oudit onderwerp nie.

Hy het tóé die dolk reguit op Shilowa gemik, wat as hoofsweep die rekenpligtige amptenaar is.

Philip Dexter, partywoordvoerder, het gesê Cope sal met die parlement in gesprek tree. “Die sentrale nasionale komitee van die party het ’n interne forensiese oudit van die finansiële verslae versoek.”

Pieter du Toit berig eerw. Mvume Dandala, Cope-LP en parlementêre leier, het reeds ’n bedankingsbrief geskryf, maar dit nog nie by die sekretaris van die parlement laat aflewer nie. Cope se nasionale komitee het Vrydag besluit om Lekota in Dandala se plek na die parlement te stuur, maar niks kan gebeur totdat die sekretaris die bedanking aanvaar het nie.

Dandala het al teenoor Die Burger bevestig hy het bedank, maar dit wil nou voorkom of hy die Shilowa-groep help deur op sy setel te talm.

Dié groep blykbaar probeer verhoed dat Lekota na die parlement gaan omdat dit die deur vir forensiese ondersoeke na die party se geldsake kan oopstel.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: cope

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.