Parlement begroot R6m. vir staatsrede

2012-02-08 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die parlement het R6 miljoen begroot vir Donderdagaand se parlementsopening en die onthaal ná pres. Jacob Zuma se staatsrede.

Dié bedrag is bykans dieselfde as verlede jaar, het voorsittende beamptes van die parlement Dinsdag volgehou.

Tóg word die onthaal nie vanjaar soos gewoonlik in ’n swierige venue soos die Kaapstadse internasionale konferensiesentrum gehou nie, maar bespaar die parlement koste deur dit in ’n markiestent in die parkeerterrein oorkant die parlement te hou. Die parlement besit dié terrein.

Vervoerkoste word ook bespaar omdat gaste “sommer net oor die pad kan stap”, het Max Sisulu, speaker van die parlement, Dinsdag op ’n nuuskonferensie gesê.

Die tema vir vanjaar se geleentheid is “die kennisekonomie en ontwikkelingsgeleenthede”. Dit is geïnspireer deur Suid-Afrika se bod om die reuse-teleskoop, die Square Kilometer Array (SKA), te huisves.

Sisulu het gesê die rede vir die besluit vir vanjaar se tema is dat Suid-Afrika saam met agt ander lande op die vasteland die bod ingesit het om die SKA te huisves.

’n Besluit oor waar die SKA gehuisves gaan word, word teen einde Maart verwag.

Sisulu het gesê indien die land suksesvol is om die SKA in die Karoo te huisves, sal dit ’n groot positiewe uitwerking op tegnologie, wiskunde en wetenskap in die land hê.

Volgens hom kan Suid-Afrikaners “werk, werk, werk” in Zuma se staatsrede verwag.

“Werk, werkskepping en die groei van die ekonomie” gaan waarskynlik sterk in die toespraak na vore kom.

Zuma se toespraak sal om 19:00 regstreeks op televisie, radio, grootskerm-TV in openbare plekke en op die parlement se webwerf uitgesaai word.

Vanjaar se seremonie sal oudergewoonte deur voormalige staatshoofde, soos oudpresidente Thabo Mbeki en F.W. de Klerk, bygewoon word. Oud-adj.pres. Baleka Mbete, dr. Frene Ginwala, voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, oudhoofregter Pius Langa en mnr. Lovemore Moyo, speaker van die parlement in Zimbabwe, sal ook die verrigtinge bywoon.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  staatsrede  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.