Paramedikus: Terre'Blanche was erg beseer

2011-10-14 15:23
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – Die eerste persoon wat die lyk van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre'Blanche, gesien het, het getuig dat sy lyfband los was en sy privaatdele uitgesteek het.

"Sy broek en sy gordel was oop. Sy gulp was oop en sy privaatdele het uitgesteek," het die paramedikus Robert van Heerden in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê.

"Onder die penis was daar vog. Watse vog kan ek nie vir meneer se nie."

Van Heerden het gesê hy het Terre'Blanche 25 jaar lank geken, maar kon hom nie (die aand van die moord) herken nie.

Hy het in Afrikaans getuig en sy getuienis is in Setswana vertaal.

"Hy was baie sleg seergemaak, gesny en geslaan," het Van Heerden gesê.

"Ek het nie verwag om iemand in so ‘n toestand so te sien nie."

Die eerste ding Van Heerden gesien het toe hy in die slaapkamer kom, was 'n plas bloed op die grond, het hof op gehoor.

Toe Van Heerden sy flitslig in die kamer rondbeweeg, het hy bloed van die bed op die grond sien drup, asook bloed op die gordyne en mure.

Hy het vir 'n pols gevoel en besef Terre'Blanche is dood.

Van Heerden het gesê die lyk het afgekoel en dat hy nie kon sê vir hoe lank Terre'Blanche daar gelê het nie.

Hy het gesê hy het nie die lyk geskuif nie.

'n Flitslig is gebruik omdat die ligskakelaar stukkend en die plaashuis donker was.

Chris Mahlangu en die minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre'Blanche op sy plaas verlede jaar in 'n loondispuut vermoor het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Die verhoor is tot Maandag uitgestel.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: eugene terre'blanche  |  hof  |  moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.