Paramedici red verlate baba
2011-09-11 22:19
Pietermaritzburg – ‘n Babameisie wat deur haar ma in ‘n toilet gelos is onmiddellik ná haar geboorte, is deur paramedici in Pietermaritzburg gered, het ER24 Sondag gesê.
Paramedici is Saterdag omstreeks ingelig dat ‘n baba binne ‘n toilet van ‘n chirurgie-lokaal in Retiefstraat gelos is, het Vanessa Jackson, woordvoerder, gesê.
Hulle het die baba gevind waar sy op haar gesig in ‘n bak gelê het en het haar uitgetrek.
“Die baba het gesukkel om asem te haal weens water in haar neus en mond. Haar toestand het verbeter nadat die water uit haar mond en neus gekry is, sy bykomende suurstof toegedien is en met komberse warm gemaak is.”
Volgens Jackson het die hoeveelheid bloed in die toilet daarop gedui dat ‘n vrou slegs ‘n paar uur vroeër daar geboorte geskenk het.
Die baba is in ‘n stabiele toestand by die Northdale-hospitaal.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA