Panjo se eienaar: "my hart is gebreek"
2010-07-27 14:38
Kaapstad - Die eienaar van Panjo, die tier wat in die Delmas-area ontsnap het, is glo baie hartseer en het helikopters en vliegtuie uitgestuur om vir sy geliefde troeteldier te gaan soek.
Goosey Fernandes het aan Nuus24 gesê hy weier om moed op te gee in sy soektog na Panjo.
Fernandes sê dit lyk of gerugte dat Panjo net buite Delmas raakgesien is, nie waar is nie.
Panjo het glo Maandagaand vermis geraak terwyl Fernandes hom na ‘n veearts geneem het. Die tier was agter op 'n bakkie en het ontsnap nadat hy op een of ander manier die kap van die bakkie oopgemaak het.
Fernandes het aan TimesLive erken dat hy die tier toelaat om op sy bed te slaap en dat Panjo soos ‘n 'baba katjie' in sy gesin se huis is.
“Dit gaan nie goed nie. Die kat gaan my nog ‘n hartaanval gee,” het ‘n emosionele Fernandes aan Nuus24 gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- News 24