Panjo die tier is gevind
2010-07-28 10:40
Johannesburg - Die vermiste 18-maande ouer tier wat vroeër uit 'n bakkie op die R-25 tussen Groblersdal en Delmas in Mpumalanga geklim het, is gevind, berig RSG.
Die tier is naby Vosloorus aan die Oos-Rand opgespoor.
Panjo het weggeraak toe sy eienaar, Goosey Fernandes hom na 'n veearts vir inentings geneem het.
Panjo word op die oomblik by die Dierebeskermingsvereniging gehou, totdat sy eienaar hom kan gaan haal.
Volg Nuus24 op Twitter.