Padvalk ry motorfietsryer glo raak

2009-08-25 10:31
Tweets Share Share line Print

Daniëlla du Plooy

’n Metropolisielid wat “soos ’n maniak gejaag het”, het glo Sondag probeer wegjaag nadat hy ’n motorfietsryer buite Heidelberg, Gauteng, getref het.

Toe ander motorfietsryers hom agternasit, het hy hulle na bewering ook probeer stamp.

Hy is enkele kilometers daarvandaan in hegtenis geneem toe die polisie gehelp het.

Volgens ooggetuies het die metropolisielid ’n vuurwapen by hom gehad en was daar vier mense, onder wie twee kinders, saam met hom in die motor. Dit was nie ’n metropolisievoertuig nie.

Mnr. Rudolph Eales (33), die motorfietsryer wat getref is, is in die Unie-hospitaal in Alberton opgeneem met onder meer ’n gebreekte enkel, ’n versplinterde bo-arm, gekraakte ribbes en erge swelling in sy gesig. Hy was gister buite lewensgevaar.

Volgens ’n vriend van Eales wat nie geïdentifiseer wil word nie, was hulle vier wat Sondagoggend saam motorfiets gery het.

“Ons was net buite Heidelberg op die R42. Ons het so 80 km/h in ’n 100 km/h-sone gery, Rudolph agter my. Ek het ’n helse slag gehoor en toe gesien hoe hy en sy motorfiets verby my vlieg.”

Die mans het ’n roomkleurige Toyota Corolla sien verbyry.

“Die bestuurder het nie eens probeer stop nie. Twee van ons het toe agter hom aangery en die ander het by Rudolph gebly.”

Hulle het die man ingehaal en vir hom probeer beduie om te stop. “Hy het óns egter van die pad af probeer dwing en net verder gejaag. My vriend het vooruit gejaag en op ’n polisiemotor afgekom wat ons kom help het.”

Met die polisie se hulp kon hulle die motor eindelik dwing om stil te hou. Dit was sowat 6 km van die ongelukstoneel.

“Daar was twee ander mans en twee jong kinders – ’n seun en meisie – saam met hom in die motor en hy het ’n pistool by hom gehad. Hy is daar in hegtenis geneem,” het die vriend gesê.

Hulle het ’n ambulans ontbied wat Eales na die hospitaal in Alberton geneem het.

Eales se suster, me. Melissa Eales, het gister by die hospitaal gesê die gesin is net bly hy leef.

“Dit kon erger gewees het. Nogtans is dit skokkend om te dink ’n metropolisielid kon dit gedoen het.”

Konst. Teboho Lethoto, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“’n Metropolisielid is gearresteer en van roekelose en nalatige bestuur aangekla. Ten tyde van die voorval was hy nie aan diens nie.”

–Beeld

Lees meer oor: metropolisie  |  padvalke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.