Padskraper ry oor man
2010-08-20 14:12
Johannesburg – ‘n Man is Vrydag ernstig beseer nadat ‘n padskraper in ‘n rivier in Fourways, noord van Johannesburg, ingery het, het paramedici gesê.
“Die padskraper se remme het onklaar geraak. Die bestuurder het beheer verloor en in ‘n bakkie vasgery, deur die veld gegaan en in ‘n rivier beland,” het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
Die padskraper se wiel het in die proses oor die bestuurder gery.
“Hy het ernstige beserings opgedoen,” het Botha gesê.
Die man sal na die Fourways Life-hospitaal geneem word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA