Padongelukfonds moet opdok vir oudatleet
2012-02-01 09:07
Bloemfontein – Die Padongelukfonds (POF) moet R300 000 aan die voormalige Vrystaatse 100 m-hekkiesatleet Madré Janse van Rensburg (23) betaal nadat sy haar haar regterknie beseer het toe ’n motor haar in Universitas, Bloemfontein, raakgery het.
Janse van Rensburg, wie se atletiekloopbaan deur dié ongeluk bykans vyf jaar gelede beëindig is, woon en werk nou al die afgelope jaar op Ficks-burg.
Luidens ’n hofbevel wat waarnemende regter S. Naidoo Dinsdag by ooreenkoms tussen die partye gemaak het, sal die POF ook vir die grootste gedeelte van toekomstige mediese behandeling van haar knie verantwoordelik wees.
Die POF moet ook haar regskoste en die koste vir die voorbereiding en opstel van haar deskundige verslae betaal.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Volksblad