Padkrisis: Vinger wys na Dladla

2012-02-09 08:03
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – 'n Omstrede tenderpreneur van Mpumalanga, Jacob Dladla, staan in die middel van die Vrystaatse padkrisis.

Dladla se maatskappy, MRD Consulting Engineers, is as die projekbestuursmaatskappy vir die herstel van 12 van 23 swak paaie in die provinsie aangestel.

Bou- en herstelwerk aan dié 12 paaie is intussen vertraag weens beweerde grootskeepse tenderkorrupsie en ongeldige kontrakte.

Dladla is einde 2009 onder ’n wolk van tenderbedrog, finansiële wanbestuur en growwe nalatigheid weg by die Mbombela-munisipaliteit op Nelspruit as munisipale bestuurder.

Hy is destyds op vyf aanklagte, wat onder meer verband gehou het met tenderbedrog vir die bou van die stadion in Nelspruit, skuldig bevind.

Die totale waarde van die 12 Vrystaatse kontrakte wat deur MRD aan 12 kontrakteurs toegeken is, het R1,9 miljard beloop.

Van die kontrakteurs moes na bewering ’n bedrag betaal om ’n kontrak te kry.

Volksblad het betroubaar verneem dat miljoene rande na bewering in ’n Amerikaanse bankrekening van Dladla, of ’n maatskappy van hom, inbetaal is.

Die owerheid probeer nog om dié geld op te spoor.

Dié skokonthullings kom te midde van een van die grootste padkrisisse in die land.

Dladla het hom ná sy afdanking as munisipale bestuurder tot die arbeidshof gewend.

Ná ’n uitgerekte verhoor het hy en die munisipale raad ’n skikking bereik waarvolgens die raad aan hom ’n goue handdruk van sowat R1,5 miljoen gegee het.

Die speaker van die raad destyds, Jimmy Mohlala, is in 2009 voor sy huis vermoor, kort voordat hy glo teen Dladla sou getuig in sy dissiplinêre verhoor.

Mohlala was glo ook op die punt om ’n klag van bedrog by die polisie in te dien wat verband gehou het met die bou van die WB 2010-sokkerstadion in Nelspruit.

’n Jaar later is Sammy Mpatlanyane, destydse woordvoerder van die Mpumalanga se departement van sport, kuns en kultuur, ook by sy huis in Nelspruit vermoor. Mpatlanyane het korrupsie in die provinsie rondom die aanbied van WB 2010 aan die lig gebring.

Elzabé Rockman, direkteur-generaal van die Vrystaat, het Woensdag gesê die provinsiale regering het verskeie stappe gedoen om die omstredenheid rondom die 23 kontrakte op te los, onder meer ’n forensiese oudit en dissiplinêre optrede teen senior amptenare.

“Die forensiese verslag sal waarskynlik middel van vandeesmaand aan die provinsiale uitvoerende raad voorgelê word en die dissiplinêre optrede sal teen die einde van van die maand afgehandel word,” het Rockman gesê.

Volksblad het Dladla Woensdag om kommentaar oor die padkontrakte en beweerde korrupsie genader.

Hy het gesê hy sou graag wou kommentaar lewer, maar sy ­kliënt, die departement, het hom verbied om dit te doen. Alle kommunikasie met die media moet volgens hom deur die departement geskied.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: jacob dladla  |  paaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.