Padfonds-bedrieërs: Polisie vind nóg eiendom
2011-09-24 23:00
Johannesburg – Die polisie vermoed daar kan nog versteekte eiendom wees wat behoort aan die vier mense wat daarvan aangekla word dat hulle die Padongelukkefonds in Rustenburg in Noordwes bedrieg het, het RSG Saterdag berig.
Die Batebeslagleggingseenheid het Vrydag beslaggelê op eiendom met 'n waarde van R2,8 miljoen.
Die eiendom sluit in luukse voertuie, bote, sleepwaens en meubels.
Martie Mulder en haar man, Joubertus en twee familielede, het die fonds na bewering sedert 2007 met bykans R6 miljoen bedrieg.
'n Polisiewoordvoerder, Lesego Metsi, sê die eiendom waarop beslaggelê is sal as bewyse in die hofsaak dien.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG