'Pad van versoening' geopen
2011-12-16 11:47
Pretoria – Pres. Jacob Zuma het Vrydag, op Versoeningsdag, 'n pad tussen die Voortrekkermonument en die Vryheidspark in Pretoria geopen.
Zuma en Rudolph Botha, voorsitter van die raad van die Voortrekkermonument, het 'n lint geknip vir die opening van die pad tussen die twee monumente.
"Die inisiatief simboliseer 'n toewyding aan nasiebou."
Hy het gesê die raad van die Voortrekkermonument en die Vryheidspark het 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken.
"Die gebaar dui op die vordering in die nasionale projek van versoening," het Zuma gesê.
Die pad verbind die twee monumente direk met mekaar.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA