Paasnaweek: 203 sterf op SA se paaie
2011-04-28 19:00
Johannesburg – Na bewering het sowat 203 mense die afgelope Paasnaweek op Suid-Afrikaanse paaie in ongelukke gesterf, het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gesê.
“Die paaie was die afgelope naweek baie besig. Op hierdie stadium dui alle statistiek en data daarop dat sowat 203 mense hulle lewens op die paaie verloor het,” het die RTMC Donderdag in ‘n verklaring bekend gemaak.
Sowat 43 mense het in KwaZulu-Natal op die paaie gesterf, gevolg deur 32 in Gauteng, 30 in Limpopo, 29 in Mpumalanga, 25 in die Oos-Kaap, 17 in die Vrystaat, 11 in Noordwes, Nege in die Noord-Kaap en sewe in die Wes-Kaap.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA