Paartjie vas wat padfonds bedrieg
2011-09-17 14:45
Johannesburg – Die polisie in Noordwes en die Valke het Saterdag 'n egpaar in hegtenis geneem wat na bewering 'n onwettige regsfirma bedryf en hulle as dokters voorgedoen het om die Ppadongelukkefonds te bedrieg.
Die verdagtes het na bewering ongelukslagoffers gehelp deur vals eise voor te berei en by die padongelukkefonds in te dien.
'n Woordvoerder van die polisie, Thulani Ngubani, het gesê die twee het na bewering die fonds uit sowat R6 miljoen bedrieg.
Die 39-jarige Marthie Mulder en haar man Joubertus, het in die Rustenburgse landdroshof verskyn en is elk op R25 000 borgtog vrygelaat.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA