Paartjie tronk toe vir liefdesdriehoek-moord

2011-05-17 20:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ‘n Man en sy vrou is deur die Hooggeregshof in Pietermaritzburg gevangenisstraf opgelê vir die moord in 2007 op haar skelmpie en pa van haar driejarige dogter.

Regter Piet Koen het Amith Rajcoomar tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis en haar man, Amith Sewkarran, tot 14 jaar. Hulle is skuldig bevind van die moord op Sandesh Poorun.

Koen het gesê Rajcoomar en Poorun was in ‘n verhouding vandat hy 19 en sy 15 jaar oud was, en dat sy met hom wou trou.

Poorun wou egter nie die verantwoordelikheid van die huwelik of vaderskap aanvaar nie, maar daar was getuienis dat hy ook nie wou hê enigiemand anders moes haar hê nie.

Hy het dikwels vir Rajcoomar en Sewkarran geteister – soveel so dat sy interdikte teen hom gekry het.

Hy het die interdikte geïgnoreer, maar toe ‘n polisiebeampte haar gevra het of sy wil hê hy moet in hegtenis geneem word, het sy nee gesê.

Koen het gesê Poorun het die genot van vaderskap en ‘n buite-egtelike verhouding gehad, maar wou nie die verantwoordelikhede aanvaar nie.

Sewkarran het Rajcoomar liefgehad, ondanks haar verhoudings met Poorun. Hy het Poorun se kind as sy eie aanvaar.

Poorun is dood nadat Rajcoomar hom na ‘n lodge gelok en hom dronk gemaak het.

Terwyl hy op ‘n bed gelê het, het die paartjie besluit om hom te verwurg.

Rajcoomar het gehelp deur Poorun op die bed vas te druk en sy neus toe te hou.

Toe hy sy bewussyn verloor het, het hulle hom in Sewkarran se kar versteek, brandstof gekoop, uit die stad gery, Poorun vol brandstof gegooi en hom aan die brand gesteek.

Hulle het erken dat hulle hom verwurg het, maar bewyse het getoon daar was roet in sy longe, wat hy moes ingeasem het.

Koen het gesê die moord en hul pogings om nie betrap te word nie, was amateuragtig.

Poorun se familie het ná die verhoor gevoel die vonnisse was te lig. Rajcoomar en Sewkarran se families was verlig.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: liefdesdriehoek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.