Paartjie sterf ná motor van brug af val
2011-12-09 13:16
Bloemfontein – 'n Paartjie is dood nadat hul motor Donderdag tussen Kroonstad en Vredefort in die Vrystaat van 'n brug afgeval het, het paramedici Vrydag gesê.
"Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna die voertuig deur versperrings geploeg het," het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
"Die voertuig het verskeie kere gerol."
Die vroulike passasier, wat in die motor vasgekeer was, is voor paramedici se aankoms op die toneel dood. Die man, wat bestuur het, is uit die motor geslinger.
Hy is in 'n kritieke toestand hospitaal toe geneem waar hy later dood is.
Die ouderdomme en die identiteite van die slagoffers is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA