Paartjie sterf ná moontlike selfmoord-ooreenkoms
2011-12-01 19:00
Johannesburg – ‘n Paartjie het Donderdag doodgebrand toe hul sinkhuis aan die brand geslaan het in Ha-Mutsha naby Thohoyandou in Limpopo, het die polisie gesê.
Volgens ao. Solly Mokhola het bure die brand omstreeks 03:00 opgemerk.
Reddingswerkers is uitgeroep. Toe die brand geblus is, is die lyke van ‘n 37-jarige man en ‘n 37-jarige vrou dood binne die sinkhuis gevind.
Die polisie vermoed die brand kon gevolg het op ‘n selfmoord-ooreenkoms tussen die twee.
“Ons hoop ons ondersoek sal verdere besonderhede na vore bring,” het Mokhola gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter