Paartjie skuldig van aanranding ná baba se dood
2011-11-21 21:08
Johannesburg – ‘n Man en vrou is in die
Johannesburg-streekhof skuldig bevind op aanklagte dat hulle op verskeie geleenthede hul baba in 2003
aangerand het.
“Ons is diep teleurgesteld dat hulle nie op
'n aanklag van poging tot moord skuldig bevind is nie,” het die uitvorende direkteur
van Women and Men Against Child Abuse, Kevin Barbeau, gesê.
Bradley Connor en Malinda Marshall, albei
26-jaar oud, sal op 27 Januarie weer in die hof verskyn om hul vonnis te ontvang.
Beide is van aanranding met die doel om
ernstig te beseer skuldig bevind en is op borgtog vrygelaat.
Hulle kind, Michael, was drie-jaar-oud toe die
aanrandings plaasgevind het.
Hy is 16 Oktober by die Avril Elizabeth Tehuis oorlede.
Vanweë die herhaalde aanrandings, was Michael
blind en ‘n kwadrupleeg.
“Dit was hartverskeurend om in die hof te hoor
wat dié seuntjie alles moes deurmaak,” het Barbeau gesê.
‘n Mediese deskundige het tydens die hofsaak getuig
dat Michael waarskynlik gewurg is, wat tot bloeding op die brein en blindheid
gelei het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA