Paartjie opgekap, 'flenters gesteek'

2011-02-10 07:12
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Haar broer en sy vriendin is “flenters gesteek” en met ’n graaf opgekap.

“Die graaf het nog daar naby gelê,” het Mabel du Plessis (61) van Silverton, Pretoria, Woensdag vertel.

Deon van Staden (51) en Babs Strecker (73), sy vriendin, is Vrydagaand op ’n kleinhoewe in Madikwe Village in Bethanie, Noordwes, vermoor deur iemand wat hulle vermoedelik geken het.

Du Plessis het gesê haar broer, wat ingenieursmasjinerie gediens het, het in sy omgevalde stoel in die kombuis op die vloer gelê toe hy ontdek is.

“Hy was vol messteke en hy is met ’n graaf agter die kop en oor sy liggaam gekap.

“Dit lyk of Babs probeer kamer toe vlug het, want haar voete het nog in die kombuisdeur gelê en sy is ook flenters gesteek en met ’n graaf agter die kop gekap,” het Du Plessis gesê.

Sy het gesê ’n man wat by haar broer houtpale gaan aflaai het, het op hul lyke afgekom.

Deaan van Staden (30), wat kort ná die polisie op die toneel aangekom het, het gesê sy pa en Strecker was besig om ’n bordspeletjie te speel toe hulle aangeval is.

“Hulle (die verdagtes) het met my pa se rooi bakkie, 9 mm-pistool en ander goedere en geld wat hulle uit die kluis gesteel het, gevlug.

“Daar was geen gedwonge toegang nie, wat daarop dui dat hulle vermoor is deur iemand wat hulle geken het,” het hy gesê.

“Dit wat ek gesien het, is onbeskryflik. My pa het net so in die stoel op die vloer gelê.

“Ek weet nie meer, ek weet nie meer,” het hy saggies gesê.

Du Plessis het gesê sy het Vrydagoggend nog laas met haar broer gepraat. Sy het Vrydagaand en die naweek weer gebel, maar albei se fone was af.

“Ek het mense probeer kry om na hul kleinhoewe te ry om te gaan kyk waar hulle is, maar kon niemand kry nie.

“Die misdaad is te hoog. Ons kan dit nie meer hanteer nie,” het Du Plessis gesê.

Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het bevestig die polisie ondersoek twee sake van moord.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.