Paartjie in hegtenis oor stokvel-slenter
2010-07-06 15:27
Johannesburg – Twee mense is in Khayelitsha in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n ‘stokvel’-slenter bedryf het, het die Wes-Kaapse polisie Dinsdag gesê.
“Daar word beweer die paartjie, tussen die ouderdomme van 42 en 47, het ‘n stokvel of geldmaakskema sonder ‘n besigheidsertifikaat bedryf,” het kapt. Anneke van der Vyfer in ‘n verklaring gesê.
Die paartjie het die besigheid vanuit hul huis in Khayelitsha bedryf.
Die polisie het tussenbeide getree nadat hulle onderhoude met mense gevoer het, wat in lang lyne voor die paartjie se huis gestaan het.
Die mense het gekla dat hulle groot bedrae geld betaal het en was belowe dat hul beleggings sal groei.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA