Paartjie, besoeker op plaas aangeval
2011-05-24 22:02
Johannesburg - ‘n Paartjie en hul besoeker is deur vyf gewapende mans op hul plaas by Hoopstad in die Vrystaat aangeval en beroof, het die Vrystaatse polisie Dinsdag gesê.
Vyf gewapende mans het die plaashuis betree en die paartjie en hul besoeker beveel om op die grond te lê. Hulle het kontant en wapens geëis, het sers. Puleng Motsoeneng gesê.
Die paartjie is aangerand. Die vrou is met ‘n warm yster gebrand op haar maag en hande. Die man het ‘n kopbesering opgedoen.
Die besoeker is nie beseer nie.
Die verdagtes het in die besoeker se bakkie gevlug met drie jaggewere en ‘n pistool wat hulle op die plaas gesteel het. Die bakkie is later omgekeer en verlate gevind naby Boshoff, met die drie gesteelde jaggewere steeds binne-in.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA