Paarl Media: Brand nie ons skuld
2009-10-20 04:37
Die brand by ‘n maatskappy wat die boeke-aanleg in April in Paarl verswelg het en die dood van 11 werkers veroorsaak het was deur ‘n diepbraaier in ‘n kombuis veroorsaak, het Paarl Media Maandag gesê.
"Die mees waarskynlike oorsaak van die brand blyk om kookolie te wees wat in die kafeteria aan die brand geslaan het. Dit is deur ‘n onafhanklike maatskappy op kontrak basis gehandhaaf,” het Stephen van der Walt, uitvoerende hoof van Paarl Media , in ‘n verklaring gesê.
Volgens Van der Walt het die vlamme vinnig versprei en het die dak aan die brand gesteek. Dit het baie rook veroorsaak wat werkers se pogings om te ontsnap gedemper het.
Die brand het op 17 April vanjaar in Dal Josafat in Paarl uitgebreek.
Van der Walt sê die maatskappy se bevindinge oor die brand is gevolgtrekkings van forensiese ondersoeke wat deur kenners aangegaan is.
Hy sê die ondersoek het gerugte dat ‘n “stof-ontploffing” die brand veroorsaak het, verkeerd bewys.
- SAPA