Paaie in Jhb gesluit vir makietie, protesoptog
2011-09-03 14:34
Johannesburg – Paaie in sommige dele van Gauteng sal gesluit word om plek te maak vir 'n protesoptog en 'n parade later Saterdag, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar sal 'n lente-parade in Soweto in Vilakazistraat begin en deur Mncuberylaan, Mahalefelestraat en Butshingistraat beweeg.
Minnaar het gesê metropolisiebeamptes sal verkeer langs die roete beheer.
Inwoners van Douglasdale sal op hulle beurt betoog teen onwettige rommelstorting en advertering.
Die protesoptog sal verkeer op Kestrellaan raak, het Minnaar gesê.
Motoriste op Robinrylaan, Douglasdalestraat en Leslielaan sal ook deur die protesoptog geraak word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA