Paaie in Jhb gesluit
2010-04-30 11:06
Johannesburg – Verskeie paaie in Johannesburg se middestad sal gesluit wees vir ‘n betoging deur die polisie en die vakbond Popcru (Prisons Civil Rights Union), het 'n woordvoerder vir die metropolisie, Wayne Minnaar, Vrydag gesê.
Hulle sal om 09:00 by die Mary Fitzgerald-plein bymekaarkom en die betoging sal na verwagting 10:30 begin.
Betogers sal beweeg na Henry Nxumalostraat en links draai in Presidentstraat. Wanneer hulle Sauerstraat bereik, sal hulle ‘n memorandum inhandig by die ANC se hoofkwartier, Luthuli Huis.
Hulle sal dan rondom 14:00 terugkeer na Newtown via Sauer- en Jeppestraat.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter