Pa wreed voor sy tweeling doodgeskiet

2010-01-19 06:29
Tweets Share Share line Print

Kobus Snyman en sy vrou, Leenette, en hul dogters, Lenika (16) en die tienjarige tweeling Britney (links) en Kendra.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Virginia Keppler

Johannesburg - Drie gewapende rowers het ’n tienjarige tweeling van Midrand met vuurwapens teen die kop aangehou en toe hul pa voor hul oë dood­geskiet.

Kobus Snyman (42) is in die hart geskiet. Sy ouer dogter, Lenika (16), en sy vrou, Leenette (38), het ook gesien hoe hy geskiet word.

Die rowers het Snyman se skoonma en skoonsuster, Shirley (57) en Debbie van der Vyver (34), en ’n vriendin, Eureke Kriel, ook aangehou.

Die vroue en kinders het Vrydag omstreeks 22:30 op die stoep van Snyman se huis in Allanweg in Glen Austin gesit en kuier toe die rowers toeslaan.

Snyman was in die sitkamer waar hy voor die TV aan die slaap geraak het.

“Drie mans in blou baadjies het aangeloop gekom. Ek het nog gedink dit is die polisie, maar toe sit een sy vinger op sy lip en wys ons moet stilbly,” het Van der Vyver Maandag vertel.

“Hulle het seker oor die heining gespring, want die hekke was gesluit. Hulle het hul vuurwapens teen die tweeling se koppe gedruk. Ons het almal begin skreeu.”

Dis toe dat Lenika haarself byna bo-oor die tweeling gooi en hulle in haar arms toevou om hulle te probeer beskerm.

“Ek het hulle (die rowers) in die oë gekyk en gesê: ‘Nee!’ Toe skreeu ek: ‘Dad’!” het sy vertel.

Snyman het wakker geword. “Maar nog voordat hy die deur (dis ’n glasdeur) kon oopmaak – sy hand was op die handvatsel – het die een rower hom geskiet,” het Van der Vyver gesê.

Snyman het nogtans na die slaapkamer begin hardloop om vermoedelik sy pistool te gaan haal, maar het op die trappe dood neergeval.

Die rowers het ’n skootrekenaar en selfone gevat “voordat hulle doodkalm weggestap het”, het Van der Vyver gesê.

Volgens haar het haar swaer “soos ’n engel” gesing en was hy lid van die Centurion-kamerkoor.

Volgens Van der Vyver het sy die gesigsuitdrukking van die man wat haar skoonseun geskiet het, gesien “en ek kon sien dit is nie die eerste keer dat hy moor nie”.

“Ek wil hê die minister van polisie moet my kom sê wat hy gaan doen. Gaan die regering vir die kinders sorg?” wou sy weet.

Snyman se vrou is getraumatiseer en toon volgens haar ma in dié stadium geen emosie nie.

“Dit is asof Leenette in ’n slegte droom is.”

Kevin MacInnest (44), ’n familievriend wat eerste op die toneel was, het gesê dit is skrikwekkend dat Suid-Afrikaners ná 15 jaar van demokrasie in vrees leef. “Niemand van ons is bullet proof nie. Kobus was nie ’n bedreiging vir hulle nie.

“Hy was ’n groot, sagte teddiebeer van 110?kg. Hy het elke dag met ’n ‘Shanana’-glimlag (’n breë glimlag) begroet,” het MacInnest gesê.

Die familie het Maandag die Anderson-groep, ’n maatskappy waar Snyman onlangs begin werk het, en vriende en familie van so ver as Australië bedank vir hul ondersteuning en gebede.

Snyman laat ook ’n seun, Tyron Snyman (14), agter.

Insp. Mmakgomo Semono, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie die moord en gewapende rooftog ondersoek.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rooftogte  |  misdaad  |  inbrake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
67 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.