Pa wil eis nadat slang seun by skool byt

2011-03-17 08:28
Tweets Share Share line Print

Kroonstad - ’n Polisieman van die dorp wil ’n skool dwing om sy seun se mediese koste te betaal nadat ’n slang hom by die skool gebyt het.

Geruime tyd lank word die gras op ’n groot gedeelte van die Hoërskool Brentpark se terrein nie gesny nie en dit lok slange, het ao. Bronie Metler Woensdag aan Volksblad gesê.

Hy oorweeg nou regstappe.

Sy seun, Innocent, ’n gr.10-leerling aan dié skool, is na bewering gebyt toe ’n slang juis uit die lang gras voor ’n klaskamer na dié gebou geseil het.

Metler jr. moes vyf inspuitings kry – een in sy arm en vier op sy boud – en is in die Netcare-Kroon-hospitaal opgeneem.

Die slang was vermoedelik ’n skaapsteker.

Metler jr. en ander leerlinge het verlede week voor ’n klaskamer gesit. Die grasperk is sowat ’n meter van die klaskamer af.

“My niggie Thabang (17) het skielik vir my gesê daar is ’n slang agter my.

“Ek en my maats het omgedraai waarna ek die slang agter die kop getrap en aan sy stert gevat het.”

Die ander kinders het glo ’n leë glasbottel opgetel wat in die gras gelê het.

Metler jr. het die slang in dié grondboontjiebotterbottel probeer sit toe hy gebyt is. “Dit het gebrand en ek het geskrik.”

Metler jr. het vir ’n onderwyseres daarvan vertel, wat hom glo aangeraai het om te kla as hy later sleg voel.

Toe hy bykans ’n uur later wel begin sleg voel, het die skool Metler sr. gebel.

“Presies ’n uur en 45 minute nadat my seun gepik is, bel die skool my eers.

“Hulle moes hom dadelik by ’n dokter gekry het.”

Metler het sy seun eers na ’n kliniek gebring, daarna na ’n dokter en toe na die hospitaal.

Metler jr. is opgeneem en nagenoeg 20 uur later ontslaan.

Metler sr. sê dit is skreiend dat die skool nie sy terrein netjies hou nie.

Slegs ’n gedeelte van die grasperk word gesny. Met Volksblad se besoek het die gras voor ’n ry klaskamers minstens 30cm hoog gestaan.

Die departement van onderwys sal na verwagting vandag kommentaar lewer oor die onnet toestand by die skool.

- Volksblad

Lees meer oor: slange

Lewer kommentaar op hierdie artikel
67 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.