Pa wat sy kind ontvoer, gevind

2011-01-31 07:41
Tweets Share Share line Print

Kimberley - Ná tien dae op die vlug is ’n man, wat sy tweejarige dogter in Durban ontvoer het, deur verskeie eenhede van die polisie en private speurders in Kimberley vasgetrek.

Die meisie, Isabella Krog, is dadelik na ’n plek van veiligheid gebring. Haar ma, Catherine Krog (27), het intussen met ’n huurvlug van Durban via Bloemfontein gevlieg om by ’n plek van veiligheid in Kimberley met haar kind herenig te word.

Krog was oorstelp van vreugde toe sy haar kind Vrydag om 22:40 in Kimberley omhels. “Ek was so gelukkig, en so dankbaar. Dit was die ongelooflikste dag in my lewe,” het sy aan Volksblad gesê.

Klagte van ontvoering, verontagsaming van ’n hofbevel en die gebruik van ’n voertuig sonder die eienaar se toestemming word teen ’n 49-jarige man ondersoek.

Die man en mev. Krog bly nie meer bymekaar nie en ’n hofbevel vir toesig is uitgereik. Daarvolgens mag die pa Isabella op Dinsdae by die dagsorgsentrum oplaai en haar die volgende oggend terugbring.

Isabella is op Dinsdag 18 Januarie by die dagsorgsentrum opgelaai, maar nie die volgende oggend teruggebring nie. Die man en sy dogter was sedertdien weg.

Die polisie het op 27 Januarie op SABC-TV ’n beroep op mense gedoen om op die uitkyk te wees vir die twee.

Die motor wat hy na bewering van ’n vriend geneem het, is met ’n Tracker-opspoorstelsel toegerus. Die polisie het dié maatskappy gevra om dit weer te aktiveer en binne drie minute is die motor in Kimberley opgespoor, sê ’n Tracker-verteenwoordiger.

Die Kimberley-polisie se lugspan, die blitspatrollie, honde-eenheid en eenheid vir sigbare polisiëring is ingeroep. Die man en Isabella is om 19:00 by een van sy familielede se huis in Roylglen gevind. Die man is in hegtenis geneem, en Isabella na ’n plaaslike kinderhuis gebring.

Die Brad Nathanson-span private speurders, wat saam met die polisie aan die saak gewerk het, het onmiddellik ’n huurvlug gereël. Die ondersoekbeampte van die Berea-polisiekantoor het saam met mev. Krog na Bloemfontein gevlieg, waar die Kimberley-polisie haar om 22:40 met Isabella herenig het.

Die polisie vermoed die man was van plan om sy dogter oorsee te neem nadat paspoorte in sy besit gevind is.

Die man verskyn vandag in die Kimberley-landdroshof.

Genl.maj. Japie Riet, adjunkpolisiekommissaris in die Noord-Kaap, het sy dank aan alle polisielede, die opsporingsmaatskappy, die private speurders en die gemeenskap uitgespreek vir hul hulp in die soektog.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.