Pa vlug met lieflingdogter

2009-07-17 13:14
Tweets Share Share line Print

Le Roux Schoeman

Kaapstad –  Ná ’n dag van hoogdrama is ’n pa gistermiddag laat by Richmond in die Karoo vasgetrek nadat hy vroegoggend sy lieflingdogter glo met geweld uit haar ma se sorg verwyder het.

Mnr. Marius Ludick (37), ’n werklose grafiese ontwerper van Kuilsrivier, is aangekeer toe hy en sy driejarige dogter, Nadia, by Richmond deur verkeersbeamptes voorgekeer is.

Nadia se verligte ma, mev. Melanie Ludick van Olyfstraat, Kuilsrivier, mev. Ludick se pa, mnr. Kobus Nagel, en ander familielede het gisteraand na Richmond vertrek om haar te gaan haal.

Die drama het gisteroggend vroeg begin toe mnr. Ludick sy vervreemde vrou omstreeks 06:00 gebel het.

’n Sigbaar ontstelde mev. Ludick het gister gesê sy het vir haar man, met wie sy sedert Februarie in ’n bitter egskeidingsgeding gewikkel is, gesê om met haar prokureur te praat. Sy het daarna minstens ses van sy oproepe geïgnoreer. Toe hy kort daarna stilhou voor die huis waar hulle eens saamgewoon het, het sy vermoed dat iets fout is en die kinders se slaapkamerdeure gaan toetrek.

Mev. Ludick, met kneusmerke wat aan haar keel sigbaar was, het gesê mnr. Ludick het die deur oopgeskop en haar gewurg in die televisiekamer, waar foto’s van die paartjie nog teen een van die mure hang. Volgens haar het hy gesê: “Gee my jou selfoon. Gee my die selfoon. Ek gaan jou vermoor. Ek sal jou wys hoe vermoor ek jou.”

Sy het toe na die bure gevlug. Mnr. Ludick het glo vir Nadia, oor wie hy “baie erg” is, gegryp en met haar weggery.

Die vermoede was dat mnr. Ludick, wat oorspronklik van Klerksdorp is, in ’n noordelike rigting met sy kind gevlug het.

Om 18:00 het sers. Isaac Lucas, die ondersoekbeampte in die saak, bevestig dat hy vasgetrek is en die kind, wat in nagklere geklee was, veilig is.

Kapt. Isaac van Niekerk, woordvoerder van die Kuilsrivier-polisie, het gesê ’n aanklag van aanranding, huisbraak met die doel om aan te rand en diefstal van ’n selfoon word teen mnr. Ludick ondersoek.

Volgens hom het mev. Ludick vroeër ’n voorlopige beskermingsbevel teen haar man bekom en het hy met sy optrede gister die voorwaardes daarvan oortree.

Van Niekerk het gesê ’n aanklag van ontvoering word nie ondersoek nie omdat mnr. Ludick Nadia se biologiese pa is en – hoewel die egpaar van mekaar vervreem is – die hof nie beslis het dat hy die kind nie mag sien nie.

Die egpaar is ses jaar gelede getroud.

Nadia se babasuster, Natasja, is intussen in ’n vriendin se sorg geplaas.

Die Burger

Lees meer oor: vermiste kinders

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.