Pa verwurg glo seun (13)

2010-06-22 08:37
Tweets Share Share line Print

Sonja van Buul, Beeld

Johannesburg - ‘Ek het jou seun sopas vermoor. Kom haal hom.”

Met dié woorde het Margareth Granny Kotjane (41) van Sebokeng op Vadersdag van haar seun, Itumeleng (13), se dood verneem.

Die polisie het Molefi Elijah Ace Kotjane (49), haar gewese man van Boipatong, Sondagoggend kort ná die oproep in hegtenis geneem nadat hy Itumeleng vermoedelik verwurg het.

Volgens Kotjane is sy en Itumeleng se pa in Januarie geskei, maar was daar steeds onmin oor onderhoud tussen hulle.

“Vrydag het hy my gevra of Itumeleng en Karabo (6), ons dogtertjie, by hom mag kom kuier. Karabo het gehuil, gesê sy is bang vir hom en sy wil nie gaan nie,” het Kotjane huilend aan gesê.

Dié ekonomie-onderwyseres by ’n skool in Bophelong buite Vanderbijlpark het vertel sy het Itumeleng Saterdag alleen na sy pa geneem en later die aand gehoor hy slaap by sy pa oor.

Later het Itumeleng ’n SMS gestuur om te laat weet “alles is reg”.

“Sondagoggend was ek baie bekommerd oor sy veiligheid toe ek Itumeleng ’n SMS gestuur het, maar hy nie daarop gereageer het nie. Ek het hom in verskeie boodskappe gevra om my dringend te bel, maar hy het nie geantwoord nie.”

Kotjane se ergste vrese is bewaarheid toe haar gewese man sowat ’n uur later bel en sê hy het Itumeleng vermoor.

“Ek wou my ore nie glo nie, my verstand wou sy woorde nie verstaan nie en ek het my selfoon na ’n buurvrou geneem. My eksman het sy woorde aan haar herhaal.”

Sy het by die Boipatong-polisiekantoor gehoor haar seun is vermoedelik verwurg.

By die moordhuis in Boipatong het sy haar voormalige man agterin ’n polisievangwa sien sit. “Hy het sonder gevoel na my gestaar en nie ’n woord gesê nie.

“Hy het baie keer gedreig, maar ek het nie gedink hy sou so ver gaan nie.

“Ek dink hy wou my seermaak.”

Sy het Itumeleng as ’n stil, onderdanige kind beskryf wat altyd geglimlag het en baie geheg aan haar was.

“’n Familielid van die pa het die moord van die seun by die polisie aangemeld,” het ao. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, gister gesê.

Die polisie ondersoek volgens haar die moord.

Die pa, ’n laboratoriumassistent by Cape Gate, sal na verwagting vanoggend in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

- Beeld

Lees meer oor: moorde  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Petronella sê... Leggings, your flippen good, man. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 198,950.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT MY09
2010
R 371,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.6 Base 5-dr
2011
R 136,153.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.