Pa verkrag kind (7) terwyl ma toekyk
2011-02-04 13:22
Pietermaritzburg – Die gedagte van hoe sy herhaaldelik voor haar ma deur haar pa verkrag is, sal verewig in 'n sewejarige meisie van Haniville, buite Pietermaritzburg, se geheue vassteek.
Daar word selfs beweer dat die ma in sommige gevalle die kind gevra het hoe die seks was.
'n Ouer kind by die skool wat langs die meisie woon, het aan 'n werknemer vertel van die Imbali Foundation for Victims of Crime vertel dat sy bloed op die kind se onderklere gesien het. Toe sy haar vra wat fout is, het die kind gesê haar pa het by haar geslaap.
Die Foundation for Victims of Crime is 'n nie-regeringsorganisasie wat slagoffers van misdaad bystaan en bewusmaking skep oor die mishandeling van vroue en kinders.
Die kind het toe vertel dat haar pa haar herhaaldelik voor haar ma verkrag en sê hy het 'n "plastiek sokkie" (kondoom) gebruik.
Familielede het die kind se 12-jarige suster weggeneem nadat hulle uitgevind het sy is ook deur die pa verkrag.
Die saak is by die polisie aangemeld en die pa is in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.
Die kind is vir waarneming by die Grey's-hospitaal opgeneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- The Witness