Pa verkla skool oor kind nie mag Xhosa praat

2010-09-12 10:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Ouer het ’n Johannesburgse skool by die Menseregtekommissie van haatspraak en rassisme aangekla nadat sy dogter na bewering verbied is om Xhosa in die klas te praat.

Thami Nxasana het personeellede van die Roosevelt High School ook by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) aangekla.

Sy talle klagte gaan hoofsaaklik oor ’n voorval in Mei en hoe die skool dit in die maande daarna gehanteer het.

Sy dogter Luthando, ’n gr. 11-leerling, sê sy het met ’n vriendin Xhosa gepraat toe die onderwyseres haar na bewering uit die klas gejaag het omdat sy net Engels mag praat.

Haar pa is ongelukkig oor verskeie gebeure daarna waarby haar tweelingsuster, Lusanda, in ’n stadium ook betrek is.

Die skool sê egter Luthando het nie opgehou praat toe sy gevra is nie en het ’n keuse gehad om haar Xhosa-gesprek, as dit oor werk gegaan het, in Engels te vertaal of die klas te verlaat.

Sheldon Smith van die skool se bestuurspan sê Luthando het ’n geskiedenis van wangedrag.

Omdat daar ander onderliggende faktore van ’n sensitiewe aard is, het die skool teen tugstappe besluit en die Gautengse onderwysdepartement betrek vir bemiddeling.

Prof. Kobus Maree, opvoedkundige sielkundige aan die Universiteit van Pretoria, sê leerlinge moet die reg hê om hul moedertaal by die skool te kan praat.

Maar die gebruik van ’n taal mag ook nie ’n kapstok vir ander probleme wees nie.

Maree sê ’n mens weet nie wat die hele aanloop tot die gebeure was nie.

Maar kinders moet juis aangemoedig word om veral skoolwerk in hul moedertaal met mekaar te bespreek.

Die klaskamer is voorts die plek waar kinders op ’n veeltalige grootmenswêreld voorberei moet word.

Taalkwessies is ’n uitstekende onderwerp om in die lewensoriënteringklas te bespreek, waar leerlinge konsensus daaroor kan bereik.

Maree sê onderwysers moet opgelei word om veeltalige klasse te kan hanteer.

Hulle moet streef na ’n verhouding van vertroue en respek met hul leerlinge, maar moet ook aanvaar dat kinders goed van en oor hulle gaan sê, ook buite die klas.

Wanneer daar egter ander onderliggende probleme is, moet ouers en opvoedkundige sielkundiges betrek word.

Prof. Sarah Gravett, dekaan van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Johannesburg, beaam dat voornemende onderwysers in hul opleiding moet leer om diversiteit te respekteer.

“Geen respek vir ’n leerling se moedertaal impliseer geen respek vir die leerling.”

Gravett sê UJ-studente wat gr. O- tot gr. 3-onderwysers wil word, moet Zoeloe en Sotho as vak neem en BEd-studente in hul vierde jaar kommunikatiewe Zoeloe of Noord-Sotho.

Sowat 40% van Roosevelt High se leerlinge is swart en die res is Indiërs en wit en bruin.

Die matriekslaagsyfer die afgelope nege jaar was 100%.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.