Pa vas vir 12-jarige se dood
2010-10-26 17:28
Pretoria – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy sy 12-jarige seun in hul huis in Soshanguve, noord van Pretoria, gyselaar gehou en toe vermoor het, het polisie Dinsdag gesê.
Polisie het Maandagaand omstreeks 20:50 na die huis by Blok WW gegaan nadat hulle ‘n klag ontvang het dat iemand gyselaar gehou word, het kapt. Pinky Tsinyane gesê.
Die kind is in ‘n plas bloed gevind.
Die pa, wat beserings opgedoen het, is gevang terwyl hy van die toneel probeer vlug het.
Tsinyane het gesê dat die man onder polisie-toesig in ‘n hospitaal behandel word.
Polisie was besig om die voorval te ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA