Pa steek huis aan brand, dogters sterf
2011-07-31 16:14
Kaapstad – Twee susters is dood nadat hulle pa, wat 'n polisielid is, hulle huis in Newlands-oos in Durban aan die brand gesteek het, het RSG berig.
Die man is later dood in die bure se erf gevind. Hy is in die keel gesteek.
Daar word beweer dat die polisieman, wat by die Durbanse landdroshof ontplooi was, die huis gesluit en dit met petrol gegooi het voor hy dit aan die brand gesteek het.
Sy vrou en 'n 15-jarige kind is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.
Die polisie ondersoek twee aanklagte van moord en twee van poging tot moord.
Geen verdere inligting is beskikbaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter.