Pa sien hoe seun (8) onder motor sterf
2011-03-02 13:31
Kaapstad – 'n Agtjarige seun is dood nadat hy glo teen 'n aankomende motor gehardloop toe sy pa hom by die skool kom haal het, het Kaapse verkeersbeamptes gesê.
Die gr. 3-leerder het Dinsdag buite die laerskool Belhar gewag vir sy pa om hom te kom haal.
Daar word vermoed dat hy oor 'n besige kruising gehardloop het toe hy sy pa aan die ander kant van die pad sien. 'n Aankomende motor het hom toe getref.
'n Tydelike verkeersbeampte het die knoppie gedruk vir die verkeerslig om te verander, maar die kind het nie gewag tot die verkeerslig rooi word nie.
Merle Lourens, verkeerswoordvoerder, het gesê die verkeersbeampte kon byna niks doen om die ongeluk te verhoed nie.
Sy het gesê alle verkeersveiligheidsmaatreëls is in plek buite die skool.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter