Pa, seun sterf in ontploffing
2011-07-19 13:16
Johannesburg – 'n Man en sy driejarige seun is dood in 'n ontploffing buite hulle huis in 'n informele nedersetting in Atteridgeville, Gauteng, het die polisie Dinsdag gesê.
Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê die gesin het Maandag by 'n vuur buite hul huis gesit toe die ontploffing plaasvind.
Die kind en die man is op slag dood en die ma is ernstig beseer.
"Ek kan nie bevestig dat dit 'n bom was nie, maar ons glo die informele nedersetting is op grond wat voorheen deur die Suid-Afrikaanse weermag gebruik is," het Olivier gesê.
Sy het gesê dit was moeilik vir nooddienspersoneel om by die toneel uit te kom omdat daar nie paaie in die gebied is nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA