Twee sterf in KZN-ongeluk
2012-02-21 19:26
Johannesburg – ‘n Negejarige seun en ‘n man wat vermoedelik sy pa is, het Dinsdag gesterf in ‘n ongeluk in Phoenix, noord van Durban, het paramedici van KwaZulu-Natal gesê.
‘n Vragmotor het omstreeks 15:00 teen hul motor gebots, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Die ander passasier in die motor, ‘n vierjarige meisie, is kritiek beseer en na ‘n hospitaal geneem.
Die man wat die motor bestuur het, was vir twee en ‘n half uur in die wrak vasgekeer. ‘n Hyskraan is gebruik om die vragmotor van die motor af te lig sodat reddingswerkers sy lyk kon uithaal.
Die bestuurder van die vragmotor het weggehardloop.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA