Pa hoor dogter se hulpkrete voor moord

2010-04-21 07:31
Tweets Share Share line Print

Malani Venter, Die Burger

Stellenbosch - ’n Pa het gehoor hoe sy 16-jarige dogter ’n paar meter van die huis om hulp roep kort voordat haar aanvaller haar glo verkrag en daarna vermoor het.

Alicia Muller van die plaas Morning Glory buite Villiersdorp is Maandagoggend vroeg in ’n boord op dié plaas oorval en doodgemaak. Sy is vermoedelik eers verkrag en daarna herhaaldelik met ’n mes gesteek.

Ao. Sylvester de Long, ’n polisiewoordvoerder van Villiersdorp, het gesê dié gr. 10-leerder was alleen op pad na die punt van die boord waar die skoolbus die plaaskinders oplaai.

De Long het gesê die slagoffer se ouers het haar omstreeks 06:45 hoor skreeu. Haar pa – wie se naam nie aan die polisie bekend is nie – het dadelik gaan ondersoek instel. Hy het op die skoktoneel afgekom waar ’n man bo-op Alicia gesit het.

“Die man het skielik opgespring en die slagoffer se pa met ’n mes aangeval. Die pa het daarin geslaag om weg te kom en het gaan hulp soek,” het De Long gesê.

Nadat Alicia se pa met ander plaaswerkers na die toneel teruggekeer het, is haar lyk in ’n ravyn langs ’n rivier gevind. Daar was verskeie steekwonde in haar bors. Die aanvaller het toe reeds gevlug.

Die motief vir die aanval is nog onbekend, het De Long gesê.

Die polisie glo Aäron Setona (ongeveer 25 jaar oud), ook bekend as Papie en ’n buurman van die oorledene, kan hulle in die ondersoek van die saak help.

Enigiemand met inligting oor die voorval of wat weet waar Setona is, moet speurkonst. Hendré Baardman by 079 893 9915 of 028 840 8019 bel.

Lees meer oor: sterftes  |  moorde  |  misdaad  |  polisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.