Pa hoor dogter se hulpkrete voor moord

2010-04-21 01:55
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch

’n Pa het gehoor hoe sy 16-jarige dogter ’n paar meter van die huis om hulp roep kort voordat haar aanvaller haar glo verkrag en daarna vermoor het.

Alicia Muller van die plaas Morning Glory buite Villiersdorp is Maandagoggend vroeg in ’n boord op dié plaas oorval en doodgemaak. Sy is vermoedelik eers verkrag en daarna herhaaldelik met ’n mes gesteek.

Ao. Sylvester de Long, ’n polisiewoordvoerder van Villiersdorp, het gesê dié gr. 10-leerder was alleen op pad na die punt van die boord waar die skoolbus die plaaskinders oplaai.

De Long het gesê die slagoffer se ouers het haar omstreeks 06:45 hoor skreeu. Haar pa – wie se naam nie aan die polisie bekend is nie – het dadelik gaan ondersoek instel. Hy het op die skoktoneel afgekom waar ’n man bo-op Alicia gesit het.

“Die man het skielik opgespring en die slagoffer se pa met ’n mes aangeval. Die pa het daarin geslaag om weg te kom en het gaan hulp soek,” het De Long gesê.

Nadat Alicia se pa met ander plaaswerkers na die toneel teruggekeer het, is haar lyk in ’n ravyn langs ’n rivier gevind. Daar was verskeie steekwonde in haar bors. Die aanvaller het toe reeds gevlug.

Die motief vir die aanval is nog onbekend, het De Long gesê.

Die polisie glo mnr. Aäron Setona (ongeveer 25 jaar oud), ook bekend as Papie en ’n buurman van die oorledene, kan hulle in die ondersoek van die saak help.

Enigiemand met inligting oor die voorval of wat weet waar Setona is, moet speurkonst. Hendré Baardman by 079 893 9915 of 028 840 8019 bel.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

tollacloete sê... Wonder nou wat van sy klere reeks? Gaan seker 'n uitverkoping hou. Hulle sal moet verander aan die t-shirt, is daar dan nie 'n glimlag op nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.