Pa hoop nog op terugkeer van ontvoerde seun

2012-01-27 16:55
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die pa van ‘n Suid-Afrikaanse man wat in November in Mali ontvoer is, is steeds hoopvol dat sy seun vrygelaat sal word, het hy Vrydag gesê.

“Ons hoop steeds hy sal huis toe kom, maar ons het nog niks gehoor sedert sy foto in ‘n buitelandse koerant verskyn het nie.”

Die foto van die 36-jarige man – wie se naam nie bekend gemaak kan word nie, aangesien dit toekomstige onderhandelinge met die ontvoerders in die wiele kan ry – is aan die regering in Mali gestuur deur Al-Kaïda se tak in Noord-Afrika.

Die terroristegroep het die foto in Desember gestuur om aan te dui dat hy nog lewendig is en om hul bewering dat hulle verantwoordelik vir die ontvoering is, te staaf.

Die man se pa het gesê die familie wil hê daar moet “meer optrede van die [Suid-Afrikaanse] regering wees” om hul seun veilig tuis te bring.

Die Suid-Afrikaner was een van drie toeriste wat deur skieters ontvoer is in ‘n restaurant in Timbuktu. Die ander twee toeriste was ‘n Sweed en ‘n Nederlander, het die Associated Press in dié stadium berig.

‘n Duitser, wat geweier het om saam te werk toe die mans hul in ‘n vragmotor in wou druk, is tereggestel.

Hulle is op 25 November as vermis aangemeld.

Clayson Monyela, woordvoerder van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê daar is geen nuwe verwikkelinge in die saak nie, alhoewel die Suid-Afrikaanse ambassade met die owerhede in Mali saamwerk om die man te probeer vind.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: mali  |  ontvoerings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.