Pa en seun pak rowers

2009-09-05 06:25
Tweets Share Share line Print

Amanda Roesthoff

’n Pa (38) van Krugersdorp en sy seun (11) het die dood vrygespring deur verbete teen twee rowers te baklei wat hulle wou doodmaak.

’n Rower het ’n wapen twee keer teen David Jacobs se bors gedruk en die sneller getrek, maar albei kere het die skoot nie afgegaan nie.

Dis net genade, het Jacobs, ’n projekbestuurder in die boubedryf van Noordheuwel aan die Wes-Rand, gesê.

“Die ou weermag-ding het ingeskop, jong. As jy ’n skoot hoor, dan weet jy jy’s nog lewendig. As jy hom nié meer hoor nie, dan’s daar probleme.”

Jacobs het gesê hy en sy vrou, Nellie (32), was omstreeks 01:00 eergisteroggend in hul slaapkamer toe hul dogter, Denise (9), hulle kort voor die aanval wakker gemaak het omdat sy nie lekker gevoel het nie.

Denise het op ’n bank in die en-suite-sitkamer op die boonste vlak van hul eenheid in die Summerville-meenthuiskompleks in Bloubergstraat gaan lê toe Jacobs badkamer toe is.

Hy het onraad vermoed toe die gesin se twee dobermann-pinschers – Choppy en Cherry – buite in die tuin bly knor het.

Toe hy na Denise stap, het hy skielik ’n donker figuur in die sitkamerhoek gewaar, ’n hout-en-yster-kandelaar beetgekry en toe geskreeu: “Haai, wena (jy)!” voordat hy die man in die gesig gemoker het.

Die ongewapende aanvaller het met die slag die trappe afgegly en na onder geval, terwyl sy gewapende makker na bo gestorm en ’n vuurwapen op Jacobs gerig het.

Jacobs se seun, Divan (11), ’n gr.4-leerling aan die Laerskool Roodekrans in Roodepoort, het intussen wakker geword en nader gestorm.

“Gelukkig is hy (Divan) nie ’n klein mannetjie nie en het hy sy koeldrankglas wat hy elke aand saam bed toe neem na die rower op die onderste vlak gegooi. Dit het die man teen die kop getref,” het Jacobs vertel.

Die rower het Divan met die vuis in die gesig en maag geslaan om weg te kom.

Op die boonste vlak het die gewapende rower die loop van sy pistool teen Jacobs se bors gehou en die sneller twee keer getrek.

“Toe niks gebeur nie, het ek weggetrek en hom summier die trappe afgeskop. Hy het afgegly en tot onder geval,” het Jacobs gesê.

Jacobs is kandelaar in die hand die trappe af om die rowers te takel terwyl hulle sy seun rondgestamp en met hom gestoei het toe hy hom met die laaste hou misgis en die voorruit by die ingang getref het.

Die rowers het toe deur die badkamervenster gevlug met Jacobs se armhorlosie wat op ’n tafel was.

Bure het die lawaai gehoor, terwyl die hekwag die MSR-veiligheidsmaatskappy en die polisie ontbied het.

“Die polisie en veiligheidswagte was uitstekend. Hulle het die polisiehelikopter in die lug gestuur om die rowers, wat vermoedelik in die veld weggekruip het, te soek.”

Volgens Jacobs is drie mans enkele ure daarna in die veld aangekeer en word hulle deur die polisie ondervra.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  rooftogte

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.