Pa en kinders sterf in brand
2010-06-06 20:57
Johannesburg – 'n Pa en sy drie kinders het Sondag gesterf in 'n brand by 'n plakkershut in Langaville, Ekurhuleni, het Gautengse polisie gesê.
"Die man is tot as verbrand," het kapt. Petros Mabuza gesê.
Die kinders is later in 'n hospitaal oorlede as gevolg van rookinaseming.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar die polisie vermoed 'n elektriese kortsluiting het die brand veroorsaak.
- SAPA