Pa drink gif ná hy ma, kinders vermoor
2012-01-18 15:00
Johannesburg – ‘n Pa van Brits het sy twee jong seuns en hul ma vermoor en toe sy eie lewe geneem, het die polisie in Noordwes Woensdag gesê.
Die man se broer het op die lyke afgekom en die polisie gekontak.
Kapt. Tselane Nkala sê drie lyke is op die bed en een is op die vloer gevind van die gesin se huis in die Newtown-seksie van Bapong.
Dit blyk of die moorde Maandag om 09:20 het ná ‘n bakleiery tussen die man en sy gemenereg-vrou plaasgevind.
Die polisie het die lyke in ‘n plas bloed gevind.
Die kinders, wat onderskeidelik 12 en drie jaar oud is, en die 30-jarige ma is gesteek. Die pa het selfmoord gepleeg deur gif te drink.
Getuies het aan die polisie gesê dat die twee baklei het oor hul verhouding, het Nkala gesê. Die vrou wou glo weggaan met haar twee seuns.
“Hoekom ‘n man die lewens van onskuldige kinders en hul ma moet neem is onmoontlik om te verstaan,” het Nkala gesê.
“As jy ongelukkig is, moenie kinders en ‘n vrou doodmaak en jou ongelukkigheid in ‘n vreeslike ding verander nie.”
Die lyke is na die staatslykhuis geneem. Die polisie se ondersoek duur voort.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA