Pa (75) skiet dogter, skoonseun
2011-08-17 16:29
Johannesburg – 'n Man (75) verskyn Donderdag in die Alberton-landdroshof nadat hy sy dogter en haar man doodgeskiet het.
Die polisie het bevestig dat die man die paartjie vermoedelik ná 'n argument doodgeskiet het.
Kevin McGuirk van Ierland en sy Suid-Afrikaanse vrou, Kim, se lyke is Dinsdag in hul slaapkamer gevind. Beamptes glo die paartjie is Maandagaand vermoor.
Manaka Raphulu, polisiewoordvoerder, het gesê die bejaarde man het sy pistool uitgehaal en die paartjie geskiet. Hulle is op die toneel dood.
Die man het nie enige redes vir sy optrede aangevoer nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter