Owerhede ondersoek Suid-Kaap-skudding
2011-05-15 13:00
Kaapstad – Die oorsaak en erns van 'n skudding in die Suid-Kaap sal Sondag deur die Raad op Geowetenskappe bevestig word.
Inwoners van dorpe langs die Tuinroete, waaronder Sedgefield, Knysna en Heroldsbaai het Saterdagmiddag 'n klein skudding gevoel.
Dit is nog nie duidelik of die skudding sterk genoeg is om as 'n aardbewing geklasifiseer te word nie.
Gerhard Otto, hoof van Eden-rampbestuur, het gesê in die stadium is daar niks om oor bekommerd te wees nie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter